KARRINGMELK GESONDHEIDSBESKUIT

As ek dink aan tuisgebakte beskuit, dink ek aan laat nag koppies tee om die kombuis tafel met ongedroogde karringmelk gesondheidsbeskuit warm uit die oond. Ek dink aan kuier sessie in die koshuis gang en vinnige ontbyt oppad na my vroeë oggend klasse toe wanneer ek verslaap het. Ek dink ook aan baie kampe se beskuit en koffie om die kampvuur. Daar is soveel goeie herinneringe wat beskuit insluit. Beskuit is iets baie tradisioneel en so is my ma se karringmelk gesondheidsbeskuit resep. Hierdie resep is al met baie vriendinne gedeel, en vandag deel ek dit graag met julle.

If you need help to prepare healthy and delicious recipes, look no further..

I have 4 great recipe books to make sure your family enjoy the most delicious meals. 

Showing all 4 results

Bestanddele

  • 500 ml margarine
  • 500 ml karringmelk
  • 5 ml vanielje
  • 6 koppies koekmeel
  • 60 ml bakpoeier
  • Knippie sout
  • 1 koppie bruin suiker
  • 3 koppies oat bran
  • 1 koppie saad mengsel -sonneblom saad, papawer saad en sesame saad

Metode

  1. Smelt en meng die margarien, karringmelk en vanielje saam en laat effens afkoel
  2. Sif die koekmeel, bakpoeier, sout en suiker saam
  3. Meng al die bestanddele bymekaar
  4. Druk in 2 gesmeerde oondpanne en merk beskuit af met ‘n eierspaan
  5. Bak vir 40 minute by 180’C of tot ligbruin
  6. Breek beskuit op gedrukte lyne
  7. Droog die beskuit uit in die oond vir 6 ure by 70’C
  8. Geniet jou varsgebakte karringmelk gesondheidsbeskuit saam ‘n warm koppie koffie of tee

Alternatiewe

Die 3 koppies oat bran kan vervang word met gebreekte Wheet-bix of All Bran Flakes.

Die koppie sade kan vervang word met rosyntjies of rooibosbessie.

Baie dankie dat jy my webtuiste besoek het. Ek hoop jy het die karringmelk gesondheidsbeskuit resep waardevol gevind. Los gerus ‘n boodskap met jou gunsteling beskuit herinneringe of idees vir meer variasies. Ek hoor graag van jou.

Loer gerus hier vir meer verversing idees

Healthy snack ideas for children’ of vir my ‘Marshmallow Rice Krispie squares’ recipe

Need healthy and delicious snack ideas for your children and the whole family?

Not sure how to get them to eat more fruits and vegetables?

This recipe book is for you: (Click on the link below)

84 Insanely Delicious snacks and treats recipes

Leave a Comment

Your email address will not be published.